Eerste keer naai sonder ‘n kondoom

Sewe tot tien dae! Dis lank, maar ons het besluit om te wag. Indien sy die inspuiting binne die eerste vyf dae van haar periode gekry het kon ons maar laat waai het, maar sy het nie en ons moes sewe tot tien dae wag voordat ons onbeskermde seks kan hê. Om seker te wees, wag ons toe maar dat ʼn volle tien dae verby is.

Vanoggend, op ʼn sonnige Saterdag, is dit die elfde oggend. Uiteindelik! Ons het nie eers in dieselfde bed geslaap nie. Sy het in die bed geslaap en ek op die sitkamerbank. Mei staan einde se kant toe, en dit is koud elke oggend in Bloemfontein.

Ek trek die duvet van my af en staan op. Dit is bibberend koud. Ek slaap altyd kaal en my stywe piel staan parmantig regop, met die ontblote pienk-pers punt wat glibberig nat is. Dit is nie ʼn pishoring nie, dit is ʼn horing van pure jagsheid. Vroeër, toe dit nog pikdonker was, het ek al gaan pis.

Ek vat aan myself. Ek voel my stywe hitte, die krulhaartjies tussen my bene, en ek streel oor my kaal ballas.  Ek gee vir myself ʼn paar vinnige plukke. Nee fok, wag, ek moet stop. Ek vryf nog ʼn keer oor my naakte piel, kry dan my vape mod en teug lank en hard daaraan. Ek gaan sit op die bank, trek die duvet oor my en blaas ʼn digte dampwolk uit.

Mercia slaap seker nog. Sy is ʼn naguil en staan naweke eers laat op. Ek teug vir ʼn rukkie aan die vape, trek dan ʼn T-hemp en ʼn sweetpakbroek aan en loop na die slaapkamer toe. Die deur is oop en ek loer in. Sy lê op haar sy, en haar boude is ontbloot. Ronde kaal bleekwit boude. Sy haal nog rustig, egalig asem. Dit is warm in die kamer. Daar gloei nog kole in die kaggeltjie in die hoek. Ek staar na haar boude en word nog stywer.

Ek pak nog hout in die kaggel en die vlamme lek die hout en dan word my hande en lyf ook warmer.

“More,” groet sy deur die slaap agter my. Ek kom regop en draai om. Sy sit regop in die bed. Haar groot volronde kaal borste vang my vir ʼn oomblik vas. Ek sluk. Die mooiste donkerpienk areolas en lang tepels. Melkwit borste.

Die hitte van die brandende hout vul die kamer. Sy gooi die duvet eenkant toe af. “Gaan jy net daar staan en kyk?” vra sy en glimlag stout.

Sy buig haar knieë en maak haar bene wyd oop. Haar poes blom voor my. Ek kyk na haar binnedye, na haar dik harige poeslippe en die pienk lippies wat in die spleet uitloer.

“Ek… dis vandag die elfde oggend,” sê ek en gaan sit langs haar op die bed.

Sy trek my nader. Haar lippe is warm en sag op myne. Dit is net ʼn kort soen, dan skuif sy op die bed, staan handeviervoet, en rus met haar bolyf en kop op die bed, haar kaal boude aanloklik in die lug. “Sit hom in,” prewel sy.

Ek staan op, trek vinnig my broek en hemp uit, en staan dan op my knieë op die bed agter haar. Ek vat aan haar kaal boude, streel oor haar en kyk vir haar poephol en haar harige poes.

Ek vat my piel vas en trek die kop deur haar spleet. Sy is nat. Sy kreun hard. “Druk dit in.”

My ontblote nat pielkop is by haar ingang, tussen die pienk warm voue van haar doos. El druk vorentoe en haar warm gladde vlees maak oop vir my, ontvang my. Kaal piel. Geen kondoom nie.

Sy stamp met haar boude agtertoe en snik hard toe ek tot teenaan my ballas in haar kont in gly. Haar binnewande vou styf om my.

Ek looi haar en sy wikkel haar heupe ook. Fokkit, ek gaan nie lank kan hou nie! Die gevoel van die eerste keer sonder ʼn effie in haar in gaan my vinnig oor die rand dryf.

Sy maak kort snikgeluide elke keer wat ek in haar in steek, diep, tot daar waar my pielkop die bokant van haar vagina ritmies tref.

Ek plaas my bewende hande op haar kaal boude en naai haar vinnig en diep. Ek gaan kom. Fok, ek gaan nou kom!

My piel ontplof in haar, en ek stamp in haar in en bly diep in haar, vul haar, my lyf rukkend soos wat ek kom in haar poes in skiet. Daar gaan ʼn siddering deur haar lyf en sy loer vir my oor haar skouer, haar bruin oë vonkelend, en sy glimlag. Sy het nie gekom nie. Ek kon net nie langer hou nie.

“Dit was so lekker, ek kon nie langer…” probeer ek flou.

“Ons gaan later weer, nog baie kere, soveel kere as wat ons wil,” val sy my in die rede. Sy beweeg vorentoe en my piel gly uit haar uit. ʼn Draad kom hang aan die punt en daar drup kom stadig uit haar doos uit.

Sy gaan lê op die bed met haar bene toe en ek gaan lê langs haar, my nat genaaide piel in die lug, stadig besig om sag te word.

“Kom ons gaan eet ontbyt iewers,” sê sy en streel oor my piel. “Dan kom ons terug en spandeer die dag in die bed.”

Ek draai op my sy na haar toe, soen haar in die nek en vat aan haar kaal tiete. “Of ons kan gou weer…”

“Nee,” lag sy. “Eers ontbyt. Toe, staan op, gaan stort!”