Die buurvrou is ‘n godin

Dit is net na agt op ʼn Maandagaand. Daar waai nie ʼn wind nie, maar dit is Mei en dit is koud. Dit is stil in die kompleks. Dit is net ek en sy by die braaiarea. Janine, my buurvrou. Ons het Vrydagaand vir die eerste keer gesoen. Ek het met die straat af by die winkelsentrum ʼn bier in die kroeg gaan drink. Sy was ook daar.

Ons het aan die gesels geraak en saam terug na die kompleks toe geloop. In die donkerte van haar tuin, het ons gesoen. Vuurwarm soene. Soene met tong en met ons hande wat gedwaal het. Haar hande tussen my bene. Sy het oor my styfheid deur my broek gevryf. My hande was op haar boude. Haar denimbroek het sensueel styf oor haar kurwes gespan.

Janine se ouer broer bly by haar en ek, wel my ma bly by my. Ek is geskei en Janine en haar man is lankal uitmekaar, maar sy is nog nie geskei nie. Die hofdatum is eers omtrent oor twee weke. ʼn Onbestrede egskeiding. Dit sal nie lank in die hof wees nie.

Sy wil nie hê die mense moet weet van ons nie. Nie voordat sy amptelik geskei is nie. Ek het eerste hier na die braaiarea toe gekom en omdat die swembad ook hier is, is dit omhein. Ons sit in die hoek, in die donker, op ʼn houtbankie. Die hekkie kraak. Ons sal hoor as iemand anders aankom.

Sy sit styf teenaan my. Haar kop is eenkant toe en ek soen haar nek. Haar asemhaling is vinnig. “Jy maak my mal,” hyg sy fluisterend. Sy hou daarvan as ek haar in die nek liefkoos. Haar hand is tussen my bene en sy vryf oor my. Ek is styf en dit druk so dringend teen my broek dat dit seer is.

Ek is veertig jaar oud. Dit was gister my verjaarsdag, maar dit voel asof ek weer twintig is en skelm in die donker vry. Sy sê ek maak haar mal, maar iets is anders vanaand. Nie iets sleg anders nie. Dit is asof sy baie meer vuriger is. Jagser.

Sy draai haar gesig na my toe en druk haar lippe teen myne vas. Haar tong glip glad in my mond in. Iets is anders inderdaad. Terwyl ons soen, vroetel sy met my broek, en dan is my broek los en my gulp oop. Haar hand glip by my broek in, sy trek my onderbroek eenkant toe en haar vingers vou om my ontblote skag.

Ek lig haar bloes stadig op en druk my hand onder in. Sy snak na haar asem. Ek stop. “Nee, gaan aan, vat aan my,” fluister sy. “Jou hand is net yskoud!”

“Jammer,” mompel ek in haar mond in, vryf my hand vinnig warm teen my broek en lig dan haar bloes weer op. Ek vat aan haar maag. Hoër.

My hand stop. Sy het nie ʼn bra aan nie. Ek vat aan ʼn kaal bors en haar vingers is om my piel en beweeg stadig en ritmies. Sy verskuif haar hand en vryf oor die natheid wat uit die punt drup.

Ek vat onder haar bloes aan haar borste, voel die ligte kielie van haar stywe tepels om die beurt op die palm van my hand.

Sy trek haar vingers oor die volle lengte van my skag na onder en dan streel sy baie liggies oor my ballas. Ek voel sommer hoe drup nog natheid by die punt uit. Ek vryf oor haar groot borste en is spyt dat dit donker is dat ek hulle nie kan sien nie. Ek wil vir haar kyk. Ek wil alles van haar sien. Haar borste, haar tepels, haar hele lyf, haar boude en ook die hare en pienk vlees tussen haar bene. Het sy hare tussen haar bene of skeer sy?

Ek streel liggies oor haar maag, af, tot by die bokant van haar rekbroek. Ek druk my hand onder die materiaal in. Sy hyg harder. My hand gaan nog ondertoe. Ek voel die hare, en dit laat die vuur van begeerte omtrent ontplof in my. Nog verder. Haar spleet, nat en glibberig.

Sy laat gaan my vir ʼn oomblik, staan vinnig op, vroetel, en dan sit sy weer. Wydsbeen. Haar hand rus op my horing.

My vinger in haar spleet. Ek voel haar knoppie en sy snik hard. Ek wikkel my vinger oor haar knoppie. Haar lyf ruk effens soos wat sy my pluk. Vinniger. Ek vryf ook vinniger oor haar klit.

Sy hyg harder

Nog harder.

Ek soen weer haar nek en hoop nie iemand kan hoor hoe hard sy hier in die nag in die donker hoek hyg en sug nie. “ʼn Bietjie harder!” sê sy hardop.

Ek vryf bietjie harder oor haar klit, druk dan my vinger meer af na onder, neem van haar natheid terug na haar klit toe en bewe my vinger baie vinnig oor haar klit.

Sy pluk my met langer hale en haar vingers vou stywer om my piel.

Sy snak twee keer hard na haar asem, en dan volg ʼn reeks lang uitgerekte hyggeluide. Sy vloek. Sy kom. Ek voel hoe pols die orgasme deur haar. Ek voel dit aan haar onderlyf, en hoor dit aan haar asem hier naby my oor.

Ek sluk ʼn harde kreun net betyds en dan klop ek. Ek klop woes. ʼn Kreun skeur los in my keel en sy laat gaan my. Ek masseer haar klit stadig. Sy kom nog en my piel klop nog ʼn paar kere.

Dan ontsnap ʼn giggelgeluid uit haar mond en sy hou my hand vas. “Wag,” fluister sy. “Dit is nou baie sensitief.”

Ek vat my hand weg. “Jissie, jy’t baie gekom,” sê sy, nog uitasem. Sy skud haar hand.

“Vee aan my hemp af,” sê ek. In die dowwe lig kan ek net die silhoeëtte van haar sien met haar broek en panty om haar enkels en haar bene nog wyd oop. Ek sal haar graag so naak in die lig wil sien, haar lyf verken, haar kaal liggaam bedek met soene van haar kop tot by haar tone. Sy vee haar hand aan my hemp af, dan staan sy op en trek haar panty en broek op. Ek trek ook my broek reg.

Sy hurk by die swembad en was haar hande. “Flip, die water is yskoud,” sê sy. Ek staan langs haar, ruik aan my hand. Ek ruik haar natheid, haar intieme vroulikheid. Ek sak ook af op my hurke en was my hand.

***

Ma is by die haarkapper. Dit is laat Dinsdagmiddag en ek is alleen by die huis. Ma laat haar hare indraai en dit vat tyd en ek sal haar later weer gaan oplaai.

Ek stuur ʼn boodskap vir Janine, sê vir haar ek is alleen by die huis.

My foon maak na ʼn rukkie ʼn skril geluid. Sy is nog by die werk.

Ek sit rustig op die bank in die sitkamer en drink koffie. My foon maak weer ʼn geluid. Nog ʼn boodskap.

My mond val oop. ʼn Foto, duidelik in ʼn badkamer geneem. Haar bloes is opgelig en haar bra is afgeskuif tot onder haar groot borste.

Ek sluk.

Pragtige borste. Haar vel is ʼn ligte koffiebruin en haar donker tepels vang my aandag vas. Perfekte donker, ronde areolas met klein fyn knoppies op en haar tepels is lang, aanloklike punte.

Nog ʼn boodskap. Haar broer is nie vanaand by die huis nie.

 

‘Dick pic?’ stuur ek vir haar.

 

‘Nee, jou six pack’, stuur sy terug.

 

Ek lig my hemp op en is bly dat ek gereeld gym toe gaan. Ek wikkel my sweetpakbroek af sodat daar net ʼn bietjie van die hare uitsteek, neem ʼn foto van my maagspiere en stuur dit vir haar.

Sy lees nie dadelik my boodskap nie.

Sy stuur na ʼn lang ruk vir my ʼn antwoord. Emojis van ʼn eiervrug, ʼn oranje perske en blou waterdruppels. Dan nog ʼn boodskap. ‘Ek ry nou.’

Sy werk nie ver van die kompleks af nie, seker so vyftien minute se ry. Ek kry skielik lewe. Ek moet Ma oor so twintig minute gaan haal.

Ek hardloop badkamer toe en stort soos ʼn besetene. Droog af. Naskeermiddel. Trek aan, in die kar in en ry na die haarsalon toe.

***

Ma is veilig in die huis en pizza word netnou afgelewer, Die hekwag sal dit vir haar bring. Ek sê vir haar ek gaan uit en dan is ek by die voordeur uit. Ek moet Janine by die braaiarea kry.

Ek loop rustig soontoe. Tannie Marge sit op haar stoep en sy waai vir my. Ek waai vir haar terug en vape.

“Soek jy jou buurvrou?” roep sy.

Ek gaan staan en kyk fronsend na haar. “Ekskuus tannie? Wat, wie nou?”

“Ek dog maar net jy soek dalk na Janine, sy het netnou hier af geloop,” sê sy.

“O, nee tannie. Ek tel sommer die palmbome. Hulle was lanklaas gesnoei en mors palmvrugte orals.”

“Die trustees doen mos nie hulle werk nie,” brom sy. “Maar dis reg. Tel en sê vir hulle.”

Ek loop aan, en kyk na elke palmboom. Hulle moet gesnoei word, maar dit is net die blare. Die vrugte het in Maart al afgeval, dink ek. Tannie Marge is die skinderbek in die kompleks.

Ek maak die hekkie by die braaiarea oop.

Sy wag vir my op die bankie. Sy het ʼn lospassende swart broek en ʼn wit bloes en ʼn donker baadjie aan.

Sy groet my met ʼn warm soen. “Waarom hier ontmoet? Ek dog jou broer is nie vanaand by die huis nie?” vra ek.

“My broer is nie daar nie, maar Marge sit op haar stoep soos ʼn valk wat prooi dophou en sy gaan sien as jy by my voordeur instap en sy gaan vir almal vertel,” sug sy. “Toe gaan stap ek maar ʼn entjie.”

“Sy het juis vir my gevra of ek na jou soek,” sê ek gelate.

“Jy sien,” en sy suig aan ʼn vape mod. Ek doen dieselfde.

“Ons gaan nie weet of sy nog op die stoep is as ons hier sit nie,” sê ek.

“Wag nog so rukkie, dan loop jy eerste. As sy weg is, dan gaan jy by my in. Die voordeur is nie gesluit nie.”

“Ek kan altyd agterom loop en oor jou tuinmuur klim,” sê ek.

“Moenie vir jou simpel hou nie.” Sy giggel. “As iemand jou oor die muur sien klim is die hele buurtwag op jou.”

“Wat gaan gebeur as die mense weet ons is saam?” vra ek.

“Ons is saam?” vra sy. “Dit gaan by my familie uitkom en my familie gaan my judge omdat ek nog nie amptelik geskei is nie en ek het nie krag vir daai nie. Kyk hier, ek is al amper veertig en ek vape nie eers voor my ma en pa nie. Nou dink nou vir jouself. Ek is klaar besig om te skei en as hulle nou nog hoor ek is saam met ʼn ander man, nee wat, vir daai sien ek nie kans nie.”

Ek sit my arm om haar en sy rus met haar kop teen my skouer. “Ek vape ook nie voor my ma nie,” sê ek.

“Dan verstaan jy mos.”

“Ons kan dit kalm vat tot jy amptelik geskei is.”

“Is dit wat jy wil hê?”

“Ek wil vir jou hê. Alles van jou.”

“Ek was nog nooit ooit so lekker gevinger nie, maar ek wil ook meer hê.”

“Ek gaan nou terug loop en ek hoop Marge is in die bad of kyk TV of iets.” Ek wag nie vir ʼn antwoord nie. Ek staan op, maak die hekkie so sag as moontlik oop, en probeer rustig terug stap.

Yes! Marge is nie op die stoep nie. Ek stap met die geplaveide paadjie deur haar voortuin na die voordeur toe. Ek steek my hand uit om die deur oop te maak. “Sy is nog nie terug nie,” kom ʼn stem uit die donker. Marge. Wat de fok?

Ek kyk om. Ek kyk rond. Sy staan amper in die paadjie wat voor die eenhede verby gaan. Fok man. “Hoe nou tannie?”

“Sy is nog nie terug nie. Sy kuier seker by iemand. Wie weet waar loop sy rond.”

“Dalk is sy by die ander trustees. Het hulle nie ʼn vergadering vanaand nie?” hou ek my dom, maar ek is erg vies.

“Wel, ek gaan nou in. As jy haar sien, sy is mos ʼn trustee, dan vertel jy vir haar die buitelig hier is al lank stukkend,” sê sy, maak ʼn klikgeluid met haar tong en gaan binnekant toe. Ek maak asof ek na my eenheid toe loop. Marge is weg. Ek gaan vinnig by Janine se huis in.

Ek weet nie wat om nou te doen nie. Ek wag naby die voordeur, staan rond.

Die deur gaan oop en sy kom binne. “Daai vrou moet vir haar iets kry om te doen,” brom sy, sluit dan die deur en dan draai sy om en sy is in my arms. Sy soen my tot in haar sitkamer, en dan stamp sy my voor teen die bors dat ek op die bank gaan sit.

Ek ontspan. Dit is net ons hier en dit is heerlik warm in haar sitkamer. Sy kom sit wydsbeen oor my en met haar hande liggies op my wange, soen ons. My hande is op die rondinge van haar boude. Ek voel hoe haar vol borste deur ons klere teen my druk.

“Wil jy kamer toe gaan?” vra sy. Ek kyk in haar smeulende mooiste bruin oë.

“Ja,” sê ek en my stem is skor.

“Wag, ons kan sommer hier,” sê sy vinnig. “Die kamer is… hier is reg,” en sy klim van my af en begin voor my uittrek. Ek staan op en kyk vir haar terwyl ek van my klere ontslae raak.

Haar naakte liggaam. Haar groot borste, die sexy kurwes van haar ontblote heupe. Die krullerige hare tussen haar bene en die diep spleet wat haar intieme lippe tussen die gladde vel van haar dye vorm.

Ek gaan sit weer en sy klim op my. My lyf bewe. Sy is ʼn beeldskone godin sonder ʼn draad klere aan.

Haar kaal borste druk teen my ontblote bolyf. Sy wikkel haar heupe stadig en ek voel hoe die punt van my hardheid haar sagte nat voue vind.

My hande op haar kaal boude. Ons soen en sy wikkel haar heupe en dan snak ek na my asem. Die punt het haar ingang gevind. Warm, nat en heerlik. Sy sak stadig af en ek gaan al dieper in haar in. Nog dieper. Heeltemal.

Sy begin om my te ry. Sy maak haar oë toe en gooi haar kop terug en stoot haar borste uit. My lippe maak beurte op haar tepels en my hande bly op haar boude met my vingerpunte in die gleuf tussen haar boude.

Sy is goed, baie goed. Sy voer ʼn wikkelende dans uit op my met my piel baie diep in haar. Baie diep en baie vinnig. Haar boude skud teen my hande vas.

Sy hyg hard. Haar gesig vertrek in ekstase. Sy maak kort gilgeluide en dink klink asof sy snik tussendeur.

Sy is ontsettend nat, asof haar natheid sommer vloei, stroom. Sy sak vooroor en haar borste druk teen my en haar vingers krul om my skouers vas. Sy vloek onderlangs. Ek voel hoe haar poesie se diep binnewande saamtrek.

Ek skiet. Ek skiet onbeheersd binne in haar en my kop draai soos wat die kom by my piel uit klop. Ek druk my hande styf teen haar boude vas.

Sy beweeg stadig op my. Stadige bewegings wat my heeltemal leeg melk.

Sy maak haar oë oop. Sy glimlag. Sy lyk dromerig en daar is trane in haar oë. “Dit was… dit was… hemels,” sê sy stadig. “Ek het so lanklaas en dit was… ek dink… ek het dalk…” en sy rus met haar voorkop teen myne. “Ek dink ek het gepie van die lekkerte,” fluister sy. “Nie baie nie, net so bietjie.”

“Het jy al voorheen gesquirt?” vra ek en streel oor haar heupe, haar boude. Ek is nog diep in haar.

Sy knik. “Baie lank terug.” Sy lig haar heupe en ek gly uit haar. Sy staan op, hou haar hand tussen haar bene. Haar volle naakte skoonheid slaan omtrent my asem weg. Ek leun vooroor, tel my hemp van die mat af op en gee dit vir haar aan. Sy staan effens wydsbeen, bondel die materiaal tussen haar dye en kom sit dan langs my op die bank, met haar bene oor myne.

“Laat ek net… hene my bene is sommer lam, laat ek net ʼn rukkie sit dan sal ek gaan afvee en dan koffie maak.”

“Ek gaan skakel solank die ketel aan,” bied ek aan.

“Nee, sit,” sê sy. Sy staan op en gaan badkamer toe. Na ʼn rukkie hoor ek die toilet spoel. Terug in die sitkamer is sy nog steeds kaal. Sy het nie ʼn japon aan nie.

“Kom saam met my kombuis toe,” sê sy.

Ek stap kaal saam met haar. Sy maak die ketel vol en dan vape ons terwyl ons wag vir die water om te kook. Ek kan my oë nie van haar af hou nie.

“Kyk jy lekker?” vra sy en glimlag.

“Jy is beeldskoon,” sê ek.

“Jy kan kyk soveel as wat jy wil. Ek het al omtrent vergeet hoe dit voel om deur ʼn man begeer te word.”

Sy kyk ook. Haar oë dwaal oor my borskas, oor my maag en talm dan tussen my bene. “Impressive,” sê sy en dan skakel die ketel af. Ek is nie seker wat sy bedoel met impressive nie, maar ek aanvaar dit as ʼn kompliment vir my piel.

Ons gaan sit in die sitkamer op die bank en drink koffie. Ons gesels. Die tyd stap aan en later raak dit koud en ek trek my broek en baadjie aan en sy lyk aanloklik in ʼn pienk kamerjas.

“My man is ʼn verneuker,” sê sy toe ons heelwat later elkeen met ʼn tweede beker koffie sit. “Hoekom het jy geskei?”

Ek vertel haar. Ek sê haar dat ek steriel is, dat my eksvrou swanger geraak het by een van haar ou skoolliefdes en dat hy haar droom kon verwesenlik om ‘m ma te word en dat sy en die kind nou by hom is.

“Hectic,” sê sy. “Gaan jou ma jou mis as jy nie vanaand huis toe gaan nie?”

“Sy gaan ja, maar ek kan gou gaan inloer en vir haar sê dat ek en vriende gaan jol en sommer by een van hulle oorslaap.”

“Doen dit. Ek gaan maak gou die kamer reg” sê sy. “Ek maak sommer vir ons toebroodjies en dan slaap jy vanaand hier.”

Ek gaan uit. Niemand in sig nie. Tannie Marge slaap hopelik al.

***

Ons albei is kaal in die bed. Ons lê in mekaar se arms. “Ons kan nou weer of more-oggend,” sê sy. My horing druk ongemaklik teen haar onderlyf. Dit is al naby aan middernag. Sy klink vaak.

“More-oggend,” sê ek soen haar sag op haar lippe.

Sy draai om met haar rug na my toe en skakel die bedlampie af. Ons lê lepel. Haar boude druk snoesig teen my en my hand rus op ʼn kaal bors.

Daar was ʼn tyd wat ek gedink het ek sal nooit weer iemand vind nie. Toe vind ek ʼn godin.

Ek maak my oë toe. Ek gaan vanaand vir die eerste keer in maande lekker slaap.