Jagse plaasvrou

Mathilda, die buurvrou. Sy boer op die plaas langs ons saam met haar bejaarde ouers. Sy is al in haar dertigs, skat ek. Geskei. Geen kinders nie. Sy is mooi. Nie popmooi soos ʼn opgesmukte blondine wat op die voorblad van ʼn glanstydskrif met kaal vrouens vir mans pronk nie, maar sy is sexy. Haar natuurlike skoonheid maak haar baie aanloklik.

Sy het al baie by ons kom kuier en ek het al baie onderlangs na haar geloer wanneer sy in ons swembad swem. Die swembad is eintlik oorbodig, want die lekkerste swem is in die ronde sementdam, maar Ma hou van mense onthaal en toe het Pa maar die swembad laat bou.

Mathilda in swemdrag. Haar heupe het sexy kurwes, en haar borste lyk ferm en haar tepels maak punte in die nat materiaal wanneer sy swem en die wind haar koel waai.

Ek het al ʼn paar donker krulhaartjies aan die kante van die materiaal van haar baaikostuum tussen haar bene sien uitsteek.

Mathilda het mooi boude. Sy het al kom kuier met ʼn stywe rekbroek aan. Sy doen glo gereeld yoga. Ronde boude. Wanneer sy swem, is haar boude meer ontbloot, die vel glad, met fyn natuurlike lyntjies van rekmerke. Sy het ronde boude, nie vet boude nie. Lekker boude, nie ʼn plat sitvlak soos ʼn plank sonder vatplek nie.

Mathilda is ouer as ek. Ek is negentien. Ek is tans op universiteit en ek swot BCom. Met grondeise wat donker oor die plaasomgewing hang, is my toekoms op die plaas nie seker nie, so ek gaan maar kwalifiseer vir ʼn rekenmeester.

Ek is tans enkellopend. Monja, my meisie sedert graad tien, het my afgesê en sy gaan nou met ʼn windgat rugbyspeler uit. Donkerkop Monja. Monja die medaljewenner. Langafstandhardloper. Sy draf die een marathon na die ander kaf. Monja met die stywe boudjies. Mona het lekker tieties. Klein tieties, met groot donkerpienk areolas en haar tepels is lang punte wanneer sy koud kry of jags is. Monja se poeslippe is groot, pofferig. Sy het nie ʼn spleet tussen haar bene nie, maar ʼn kloof. Ek en Monja het al baie aan mekaar gevat en ek het al haar tussen haar bene gesoen, my tong op haar klit gehad, maar ons het nie seks gehad nie.

Nou gaan sy met Rudolf uit, en ek het in die kroeg gehoor hoe vertel hy vir almal hoe wild naai hy en Monja. Dalk is dit waar, dalk nie, maar hy moet eerder sy groot bek hou en nie uit die slaapkamer praat nie, al is die slaapkamer en die seks dalk net in sy verbeelding. Blerrie windgat moegoe!

***

Dit is Saterdagoggend en ek sit die tang neer. Dit is die Desember-vakansie en ek werk op die plaas. Die grensheining is nou weer reg. Ek haal ʼn vape mod uit my broeksak, bring dit na my lippe toe en teug lank daaraan, trek die dampe diep direk in my longe in. Strawberry splash, staan dit op die botteltjie vape juice.

Mathilda is doenig saam met haar plaaswerkers anderkant die draad in haar mielielande. Die goeie reën die afgelope paar weke het die mielies laat opskiet.

Sy kyk vir my en waai. Ek waai terug. Sy sê iets vir die plaaswerkers en dan loop hulle met die voetpaadjie weg in die rigting van haar opstal. Ek kyk op my horlosie. Middagete.

Sy vee haar hande aan die agterkant van haar broek af en loop deur die mielielande na my toe. By die draad staan sy stil en ek staan op waar ek op my hurke sit en vape.

“Middag,” sê sy, haar stem vriendelik.

Ek knik. “Middag. Jou mielies kom mooi aan.”

“Ja, die reën was goed,” en sy beduie na my vape mod toe. “Kan ek dit probeer?” vra sy.

“Ja, natuurlik,” sê ek en gee die mod oor die draad vir haar aan. Haar sensuele rooi lippe vou om die mondstuk, sy druk die knoppie en trek diep in. Sy hou haar asem vir ʼn oomblik en blaas dan ʼn digte wolk uit.

“Nie sleg nie,” sê sy en suig weer aan die mod. Sy blaas weer dampe uit en gee die mod terug. “Ek hoor Monja het jou afgesê.”

Ek sê niks nie, haal net my skouers op en suig dan aan die vape.

“Ek weet nie van jou nie, maar ek kry vrek warm,” verbreek sy die stilte na ʼn ruk. Sy klim deur die draad. “Kom ons gaan swem in julle dam.”

Ek tel die gereedskapkissie op en stap saam met haar die entjie na die sementdam toe.

“Ek het nie my swembroek hier nie, so ek hoop nie jy gee om as ek in my panty swem nie,” sê sy.

My hart klop vinniger. “Nee, nee glad nie,” sê ek. Ek trek my hemp uit en plaas dit op ʼn plat klip langs die dam. My skoene, kouse.

Sy trek haar broek uit en staan voor my in ʼn pienk panty. “Ek het nie ʼn bra aan nie,” sê sy skouerophalend en maak die onderste knope van haar hemp los en knoop die materiaal bokant haar naeltjie. Haar poes maak ʼn heuweltjie in die pienk materiaal. “Kyk jy lekker?” vra sy en glimlag.

“Nee, ek… die dam… ek…” stamel ek en my ore voel vuurwarm en ʼn gloed sprei oor my gesig.

“Jy kan maar kyk,” sê sy en draai om. Ek sluk. Haar pragtige boude. Sy loer oor haar skouer en glimlag vir my, wip dan op die damwal, en plons in die water in. Ek klim op die wal en met my piel wat besig om styf te word, val ek in die yskoue water in. Dit is somer, maar die pomp trek die water diep onder die grond uit. Die koue water slaan my asem byna weg en laat gelukkig my piel vinning ontspan.

Haar nat hemp kleef aan haar vel. Sy het inderdaad nie ʼn bra aan nie. Die donker skaduwees van haar tepels en die punte in die nat hemp is duidelik sigbaar.

Sy vroetel met die hemp. Sy knoop dit los, trek dit dan uit en gooi dit oor die damwal. Haar groot borste is kaal. Melkwit borste in kontras met die sonbruin van haar arms. Donkerpienk tepels. Ek kyk weg.

Skielik is sy baie naby aan my. Reg voor my. Ek kyk vir haar. My oë rus vir ʼn oomblik op haar kaal tiete. Die water is yskoud, maar ek raak weer styf.

Haar nat gesig is naby aan myne. Ek voel die hitte van haar asem op my wange, dan op my lippe en dan is haar lippe op myne en haar tong druk teen my lippe. Haar arms vou om my en sy druk haar nat borste teen my bolyf. Ek maak my mond effens oop en haar tong glip in. Warm en honger en jags.

Sy druk haar onderlyf teen my, teen my harde horing. Sy kreun in my mond in. Haar nat hare ruik soos sjampoe en blomme.

Ek voel hoe trek sy die tou van my swart oefenbroek onder die water los en dan is haar hand voor by my broek en onderbroek in. Sy vat aan my.

Ek vat aan haar. Ek vat aan haar boude onder die water. Haar hemelse stywe ronde boude.

Sy trek my broek en onderbroek af en ek trek haar panty af oor haar boude. Ek vat aan haar tussen haar bene. Sy laat sak haar kop eenkant toe, maak haar nek oop vir my en terwyl ek aan haar harige poes vat en sy stadig my draad onder die water trek, soen ek haar in die nek. Sy skuif, staan wydsbeen in die dam, gee my hand meer toegang.

“Kom ons klim uit,” hyg sy en sy klim eerste uit. Ek kyk in haar vas van agter af soos wat sy voor my uitklim. Haar kaal boude, haar gekreukelde hol, haar harige nat poesie. Ek klim op die wal en spring dan aan die anderkant af en land op die gras. My broek en onderbroek is nog iewers in die dam.

Ons albei is kaal.

“Fok my,” sê sy. Haar stem hees, rou, lustig. Dit is die eerste keer wat ek haar hoor vloek.

Sy gaan staan handeviervoet op die gras. “Fok my,” sê sy weer, en kyk oor haar skouer vir my. Sy glimlag stout.

Haar wit kaal boude. Haar styftoegetrekte donkerpienk poephol. Haar harige poesie. Ek gaan staan op my knieë agter haar, my horing seer-styf regop en gereed. Shit, ek het nie ʼn kondoom nie. Ek sal betyds moet uittrek.

Ek druk my piel teen haar opening, voel die hitte van haar nat vlees op my pielkop en druk dan in haar in. Sy stamp met haar boude agtertoe, en skielik is ek diep in haar in, tot teenaan my ballas.

Ek fok haar.

Ek naai haar hard en rou en hou glad nie terug nie.

Elke keer wat ek in haar in steek snik-hyg sy. Ek hoor die nat geluide soos wat my piel in haar beweeg. Ek kyk af en sien hoe gaan my blinknat piel in haar poesie in. My kaal piel. Geen kondoom nie. Bliksems! Dit is fokken lekker!

Ons naai en my asem jaag. Ek sal moet kophou. Ek wil nie, maar ek sal moet uittrek voordat ek kom. Haar poesie is so lekker glad en styf en snoesig om my piel!

Dit klink asof sy skril huil, sulke kort gilletjies en snikke en ek voel hoe sy kom.

Ek kan nie meer nie. Dit is nou. Net nog ʼn paar steke en dan ontplof ek toe ek in haar insteek en ek pluk uit en die strale kom skiet uit my kloppende piel en land in slymerige wit spatsels op haar boude en lae rug.

“Vir wat trek jy uit?” vra sy hygend en vloek dan gedemp. “Ek is op die inspuiting.”

Ek druk my piel weer terug, beweeg stadig in haar, geniet die gevoel van my kombesmeerde piel wat in haar poesie beweeg. My pielkop is te sensitief om verder te naai en ek trek weer uit.

Sy staan op, en sonder ʼn woord klim sy weer op die wal en spring in die dam in. Ek volg haar.

Sy was tussen haar bene en oor haar boude. Ek kry my broek en onderbroek. “Ons kan dit weer doen,” sê sy vir my en klim uit. Sy gaan sit op die wal, wydsbeen. “Maar ek is nie jou meisie nie. Jy gaan staan nie en raak verlief op my nie. Net seks,” dan is sy van die wal af en ek klim ook uit. Sy trek haar nat panty aan, dan haar broek en dan haar nat hemp.

Ek trek ook aan.

Sy steek ʼn sigaret aan en dan trek sy haar sokkies en skoene aan met die sigaret wat in die hoek van haar mond hang.

“Die plaas wag. Daar is werk om te doen,” sê sy en met die sigaret tussen haar vingers stap sy weg.

Sy kyk oor haar skouer en waai vir my

Ek waai terug vir haar en dan klim sy deur die draad.

Ek weet ek sal haar weer sien.

Dit is net seks.

Dis is presies wat ek nodig het, en blykbaar sy ook.